Uitdrukking:
Op dieselfde golflengte as iemand wees
Betekenis:
Saamstem met iemand
Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die radiowese: verskillende stasies saai op verskillende golflengtes uit; net een kan op ‘n keer gehoor word. Om op dieselfde golflengte as iemand anders te wees, beteken eintlik dat daar steurloos gekommunikeer kan word as daar instemming is.