Op jou nugter maag

Uitdrukking:
Op jou nugter maag

Betekenis:
Voordat jy geëet het

Waar kom dit vandaan?
Dié nugter hou moontlik eerstens verband met Nederlandse goeden ochtend. Die =n van goeden is gevoeg aan die ochtend en sou nochtend word. Gewestelik is dit vervorm tot nuchtend, nuchte en as byvoeglike naamwoord nuchter. Daar is ook ‘n ou vorm enugterne wat moontlik uit en (“in, aan”) en uchter (“oggend”) saamgestel is. Aangesien die woord nuchter in Nederlands reeds amper duisend jaar oud is, word tweedens gedink aan Latyn nocturnus “nagtelik”; dus jou nagtelike (leë) maag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.