Padda in die keel?

Uitdrukking:
Padda in die keel

Betekenis:
‘n Krapperigheid of heesheid in die keel hê

Waar kom dit vandaan?
In Engeland het hulle geglo dat ʼn mens nie stilstaande water moet drink nie – jy sou dan dalk ʼn paar paddaeiers daarmee saam insluk! Die eiers sou dan stellig in jou maag uitbroei en die maklikste (hoewel nie die enigste nie!) ontsnaproete boontoe, deur die keel vind. Dit was dan blykbaar die oorsaak van hierdie krapperigheid, of heesheid.

Nou glo dit of nie, maar om die infeksie gesond te maak, is daar in die Middeleeue sowaar lewendige paddas in mense se kele gesit! Die fungusse in die keel sou blykbaar daardeur vernietig kon word. Die kop van die padda is in die mond van die sieke geplaas, en as die padda asemhaal, sou hy dan die siekte “uittrek”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.