Riem onder die hart

Uitdrukking:
Twee uitdrukkings in Afrikaans hou hiermee verband: Vir iemand ‘n riem onder die hart wees en Iemand ‘n riem onder die hart steek

Betekenis:
Vir iemand ‘n riem onder die hart wees – Vir iemand ‘n groot bemoediging wees
Iemand ‘n riem onder die hart steek – Iemand moed inpraat

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukkings is ‘n vervorming van die oorsponklike ‘n hart onder die riem steek. Dit is ontleen aan die soldatelewe.

Die riem is die leerband wat skuins vanoor een skouer oor die bors na die sy loop. As ‘n soldaat nie hart het nie, beteken dit hy het nie moed nie, en dan moet daar eers ‘n hart onder sy riem gesteek word. ‘n Verklaring van dis vir my ‘n riem onder die hart wat al jare lank gepropageer word, is dat die roeispaan (vroeër ook riem genoem) op ‘n hartvormige stuk hout as hefboompunt aan die kant van die boot rus, wat dit vir die roeier moontlik maak om te roei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alex Hart ·

Baie lekker afrikaans, net jammer van woorde soos “gepropageer” daar is altyd mooier afrikaanse woorde soos aanstoot ipv afronteer. Dalk in hierdie verband kan mens verkondig gebruik of selfs voorgestel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.