Uitdrukking:
Saans gousblom, soggens molshoop
Betekenis:
Gesê as iemand fees gevier het en die volgende oggend nie kan opkom nie
Waar kom dit vandaan?
Een van die kenmerke van ‘n gousblom is die sierlike hofies met groot geel of oranje blomme; ‘n sterk kontras met die bruin sand van ‘n molshoop sonder blomme.