Uitdrukking: Skoenmaker, hou jou by jou lees

Uitdrukking:
Skoenmaker, hou jou by jou lees!

Betekenis:
Bemoei jou met sake waarvan jy kennis het

Waar kom dit vandaan?
Tydens die 4e eeu voor Christus, tydens die regering van Aleksander die Grote, het Apelles, die beroemde skilder geleef. Apelles het graag sy werke voor sy winkel uitgestal en dan naby weggekruip om te hoor wat verbygangers daaroor te sê gehad het.

Op ʼn dag het ʼn skoenmaker kommentaar gelewer en die foute van ʼn sandaal in die skildery aan sy vriend uitgewys.

Apelles het daardie aand die veranderinge aangebring en die skildery weer met trots uitgestal. Toe die skoenmaker egter die volgende oggend die veranderinge opmerk, het hy weer iets te sê gehad oor hoe Apelles die man se been geskilder het! Apelles het dadelik uit sy skuilplek gekom en gesê: “Skoenmaker, hou jou by jou lees!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.