Uitdrukking:
Soos ‘n Uilspieël in die maanskyn lyk
Betekenis:
Verspot en onvanpas aangetrek wees
Waar kom dit vandaan?
Uilspieël is die verafrikaansing van die DuitseTill Eulenspiegel, die komiese maar uitgeslape swendelaar. Hy word dikwels bespotlik voorgestel, en die maanskyn-byvoeging is bloot om die beeld te versterk van iemand wat ongewone dinge doen. Spiegel in Nederlandse jagterstaal beteken ook “agterste” – dus “die agterste van ‘n uil”, beslis sware spot.
Haai maar dis oulik. Dankie!!