Uitdrukking:
Soos ‘n Uilspieël in die maanskyn lyk
Betekenis:
Verspot en onvanpas aangetrek wees
Waar kom dit vandaan?
Uilspieël is die verafrikaansing van die Duitse Till Eulenspiegel, die komiese maar uitgeslape swendelaar. Hy word dikwels bespotlik voorgestel, en die maanskyn-byvoeging is bloot om die beeld te versterk van iemand wat ongewone dinge doen. Spiegel in Nederlandse jagterstaal beteken ook “agterste” – dus “die agterste van ‘n uil”, beslis sware spot.