Uitdrukking: Uit die almanak wegloop
Betekenis: Spoorloos verdwyn.
Take French leave. VERDWYN. WEGLOOP.
Dié uitdrukkings is gegrond op die aard van ou almanakke wat nie net datums en vakansiedae aangedui het nie, maar ook boererate en, veral, weervoorspellings vir die komende jaar. Laasgenoemde was natuurlik totaal onbetroubaar. Die algemene opvatting was dus dat almanakke nie te vertrou was nie, net soos die werker wat stil-stil wegloop al is sy dienstyd op die almanak aangeteken.