Uitdrukking:
Uit die perd se bek hoor
Betekenis:
[na die Engels] Van ‘n onbesproke bron hoor
Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan perdewedrenne: Daar is gedurig wenke onder wedders oor die perd wat dan gaan wen. Betroubare inligting word soms by die staljongens en afrigters verkry omdat hulle weet in watter staat van gesondheid en afrigting die perd verkeer. Maar dit is dikwels niks werd nie, en dan is die betroubaarste bron vir inligting dit wat so reg uit die perd se bek kom.