Uitdrukking: Al moet die kraaie dit uitbring

Argieffoto (Foto: iljaberendsen, Pixabay)

Argieffoto (Foto: iljaberendsen, Pixabay)

Uitdrukking:
Al moet die kraaie dit uitbring / Die kraaie sal dit uitbring

Betekenis:
ʼn Geheim of misdaad word altyd bekend

Waar kom dit vandaan?
Volgens ʼn Oudgermaanse volksgeloof kon kraaie misdade, byvoorbeeld ʼn moord, aan die lig bring. In die Ou Skandinawiese mitologie het die god Odin twee kraaie gehad, Hugin en Munin (simbole van dié gedagte en herinnering); alles wat hulle gehoor en gesien het, het hulle aan hom oorvertel.

In ʼn Middeleeuse verhaal waarsku ʼn kraai sy meester teen dreigende gevaar, en vertel hom ook sommer van die owerspel van sy vrou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan Mostert ·

Ek wil graag weet waar kom die uitdrukking, “Hy het sy Moses teë gekom vandaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.