Uitdrukking: Alle grappies op ʼn stokkie

Argieffoto (Foto: Momentmal/Pixabay)

Uitdrukking:
Alle grappies op ʼn stokkie

Betekenis:
In alle erns; sonder om nou grappies te maak

Waar kom dit vandaan?
Die stokkie waarna verwys word, is die sotskolf wat die nar aan die hof van die koning gedra het (dikwels in die vorm van ʼn stok met eselsore). Die spreekwoord was eintlik ʼn vermaning aan die nar om sy grappies nou te staak en vir homself te hou (letterlik op sy stok). Daar is ʼn Groningse toevoegsel en ’t stokje in ’t vuur, wat daarop dui dat die situasie so ernstig is dat die nar sommer die stok (met grappies en al) moet verbrand.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom en Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe) (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wikkie ·

Sjoe! … ’t stokje in ’t vuur … dit klink soos iemand wie keelvol is vir COVID.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.