Uitdrukking: Antjie Somers

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Uitdrukking:
Antjie Somers

Betekenis:
Iemand om kinders mee bang te maak.

Waar kom dit vandaan?
Die vroegste bekende verwysing na Antjie Somers verskyn op 10 Augustus 1866 in The Friend in Bloemfontein. Hier word vermeld dat Antjie Somers tydens die bewind van lord Charles Somerset ʼn berugte Kaapse struikrower was wat vroueklere aangetrek en snags mense op pad huis toe voorgelê het. In die onveilige agttiende en negentiende eeu het die historiese figuur geleidelik ʼn legende in die Afrikaanse volksoorlewering geword. Die oorspronklike struikrowerverhaal het vervaag en nuwe stories is vertel om kinders skrik te maak, byvoorbeeld dat Antjie Somers – ʼn man vermom in vroueklere en met ʼn afskrikwekkende uiterlike – stout kinders, wat alleen of ontydig buite speel of nie wil gaan slaap nie, sal kom haal.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johnny ·

Dié storie sal seker binnekort aangepas of verban word om die “woke” groepie nie te na te kom nie . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.