Uitdrukking:
As die skoen jou pas, moet jy hom maar aantrek
Betekenis:
As jy skuldig is, moet jy maar skimpe oor jou soort gedrag op jouself van toepassing maak
Waar kom dit vandaan?
Oorspronklik was die beeld dat slegte skoene weggegooi is sodat enige onder menigte ʼn paar kon vind wat hom pas. Later was dit ook geld en lekkers wat by bruilofte en ander feeste na die skare gegooi is.
Ek geniet die idiome en uitdrukkings baie. Jammer dit gaan verlore met ons jong klomp.
Dankie vir al die interessante dinge
Mooi omskrywing