Uitdrukking:
As Petrus by is, praat ʼn mens nie van ʼn haan nie
Betekenis:
ʼn Mens praat nie van iemand se foute, vernedering in die verlede as hy teenwoordig is nie
Waar kom dit vandaan?
Na aanleiding van Lukas 22:60-61 en die gekraai van die haan wat Petrus se verloëning van Jesus bevestig.
Waar kom die uitdrukking van; jy het droog gemaak vandaan. Sal nogal daarvan hou om te weet hoe dit in plek val, want wat het droogmaak nou met die verduideliking dat jy aangejaag het te doen.
As jy droog gemaak het, het jy dalk nie die wiele ge-olie dat dinge glad kan loop nie… Ek het sowaar nog nooit gehoor dat iemand hierdie uitdrukking van Petrus en die haan gebruik nie. Leer mens weer iets van deernis.
Ja, ek het ook nog nooit van Petrus en die haan gehoor so in n uitdrukking nie, maar moet sê, dis n lieflike haan wat in daardie foto is.
Kan iemand my se wat beteken die gesegde” Die saak is reg die kind se naam is witwillem”. Wat is die oorsprong