Uitdrukking: bekaai wees

Argieffoto (Foto: Jürgen Sieber/Pixabay)

Uitdrukking:
bekaai(d) wees

Betekenis:
sleg van iets afkom; teleurgesteld wees: Hy het maar bekaaid daarvan afgekom. Ek het bekaaid uitgekom.

Waar kom dit vandaan?
Daar is ʼn paar moontlike herkomste.
1) Nederlands bekaaien is verwant aan bekauwen, bekeeuwen, wat gesê word van visse wat in slegte water na die oppervlakte toe kom om lug te skep
2) In die 17de-eeuse seemanstaal is bekaeit gesê van ʼn skip waarvan die voeë as gevolg van die hitte van die son losgeraak het en dus water skep
3) Verder is dit ook gesê van ʼn skip waarvan die seile in ʼn windstilte slap hang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae