Uitdrukking: Bombarie opskop

Argieffoto (Foto: El Caminante/Pixabay)

Uitdrukking:
Iemand het weer ʼn bombarie opgeskop.

Betekenis:
Iemand het ʼn lawaai gemaak of opskudding veroorsaak: ʼn Oorverdowende bombarie • ʼn Geweldige bombarie opskop • Bombarie maak op straat.

Waar kom dit vandaan?
Bombarie is moontlik ’n klanknabootsende woord, onder invloed van die Nederlandse bombare wat ‘kanon’ beteken.

Bronne: WAT en Spreekwoorde en Waar Hulle Vandaan Kom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.