Uitdrukking: Boontjie kry sy loontjie

Uitdrukking:
Boontjie kry sy loontjie.

Betekenis:
Elkeen kry sy verdiende loon.

Waar kom dit vandaan?
Dié uitdrukking is ontleen aan ‘n Nederlandse sprokie van Ertjie, Boontjie, Strooitjie en Kooltjie Vuur wat gaan wandel het. Hulle kom by ‘n rivier en weet nie hoe om daaroor te kom nie. Strooitjie bied aan om oor die water te lê, en Ertjie en Boontjie loop oor hom. Toe kom Kooltjie Vuur se beurt, maar in die middel van Strooitjie slaan hy aan die brand en Kooltjie Vuur val in die water. Daaroor lag Boontjie so hard dat hy bars – en dit was sy verdiende loon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.