Uitdrukking:
Botjie by botjie sit.
Betekenis:
‘n Klien bydrae van verskeie mense kry om die gesamentlike koste te dek.
Waar kom dit vandaan?
Die botjie was ‘n ou silwer muntstuk, ‘n penning, met ‘n waarde van ongeveer ‘n halfsent. Dit was van die Middeleeue tot ongeveer 1490 in dele van Nederland in omloop. Die woord was die afkorting van botdraer, so genoem omdat die kruiskant ‘n sittende leeu vertoon het met ‘n geslote helmkap op sy kop wat na ‘n vat of kuip (bot in Nederlands) laat lyk het.
Dit was nou baie baie interesant. Nooit te oud om te leer nie.