Uitdrukking: By iemand klaploop

Foto ter illustrasie (Foto: Nathan Bingle/Unsplash)

Uitdrukking:
By iemand klaploop.

Betekenis:
By iemand aankom op die oomblik wat aangesit word vir ete met die oog op ʼn gratis maaltyd.

Waar kom dit vandaan?
In Nederlands was dit oorspronklik met de klap loopen. Die klap was ʼn toestel met plankies wat teenmekaar geklap het en wat deur melaatses gedra moes word om mense te waarsku dat hulle kom om aalmoese te ontvang. Dit het dus neergekom op bedel, wat die ongenooide gas ook eintlik doen.

Bronne: Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piet ·

Nog nooit van die uitdrukking gehoor nie en ook nog nooit gehoor dat enigiemand dit gebruik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.