Uitdrukking: Daar kom dadels van

Uitdrukking:
Daar kom dadels van

Betekenis:
Daar kom niks van nie.

Waar kom dit vandaan?
Herman Willem Daendels, gebore in Hattem, Nederland, was in die vroeë 19de eeu tydens Napoleon se besetting van Nederland ‘n generaal in die Franse leër, en is later bevorder tot goewerneur-generaal van Nederlands-Oos-Indië. Volgens die meeste bronne het hy nie veel vermag nie; daar bestaan twyfel of hy bestuur verbeter en die korrupsie tydens sy bewind verminder het. Daar is enkele voorkomste van ‘n wisselvorm van sy van, naamlik Daedels, wat moontlik aanleiding gegee het tot die uitdrukking dar kom Da(e)dels van.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae