Uitdrukking:
Daar loop iemand oor my graf
Betekenis:
Ek kry ‘n koue rilling
Waar kom dit vandaan?
Hierdie bygeloof (wat ook in minstens Engels en Frans opgeteken is) se herkoms is onseker. Een gissing is dat dit dateer uit vroeë tye toe mense ‘n stuk grond gekoop het waarin die hele familie begrawe sou word. Dit verklaar hoekom ‘n nog lewende sou kon praat van sy graf.
Die rilling sou dan ‘n psigiese aanvoeling wees dat iemand oneerbiedig optree deur oor die graf te loop. Dit het vroeër ook beteken dat so ‘n persoon kwade gevoelens teenoor jou koester.
Baie interessant. Het daaroor gewonder. Dankie.