Uitdrukking:
Deur die wind wees.
Betekenis:
Deurmekaar wees.
Waar kom dit vandaan?
In skeepvaartsterme beteken dit om opsetlik die skip te laat draai sodat dit die wind (wat byvoorbeeld op die bakboordkant gewaai het) eers van voor en dan van die stuurboordkant kry; dit staan bekend as “deurdraai”. Oordragtelik beteken dit om van jou oorspronklike standpunt af te wyk, sodat dit lyk asof jy deurmekaar is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Dit is nou oulik en interressant. Baie dankie. Ek het die betekenis hiervan geweet, maar nog altyd gewonder waar die uitdrukking vandaan gekom het.
Baie interessant. Dankie julle.