Uitdrukking: Die berg het ʼn muis gebaar

Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Die berg het ʼn muis gebaar

Betekenis:
Groot dinge is verwag, maar iets kleins het gebeur

Waar kom dit vandaan?
Volgens Brewer ontleen aan ʼn fabel van Faidros: Die boere het eendag gesien dat die berge bewe; daar rook by hulle kruine uitkom, die aarde skud. Bome is ontwortel en groot rotse het neergestort gekom.

Hulle was daarvan oortuig dat iets verskrikliks sou gebeur.

Hulle het gewag en gewag, maar daar was niks.

Skielik was daar nog ʼn erger aardbewing en ʼn groot gat het aan die kant van die berge ingeval. Die boere het almal op hulle knieë geval. Uiteindelik het ʼn muisie sy kop en snor daar uitgesteek en toe na hulle toe gehardloop en vandaar die uitdrukking.

Maar die fabel word op sy beurt toegeskryf aan die geskiedskrywer en digter Horatius (65-8 v.C.) wat die volgende verhaal: Die Egiptiese koning Tachus het in die vierde eeu voor Christus ʼn langdurige oorlog teen Artaxerxes Ochus, die Persiese koning, gevoer, en het uiteindelik by die Spartane om hulp aangeklop. Hulle koning, Agesilaos, het met sy troepe opgeruk, maar toe die Egiptenare hom sien, het hulle gelag want hy was ʼn klein, verslonste, halfkreupel mannetjie. Hulle het gesê: ‘Die berg het geskud, Jupiter het verskrik eenkant toe gestaan, en ʼn muis het uitgehardloop’. Agesilaos het gesê: ‘Toemaar, julle noem my ʼn muis, maar ek sal julle gou wys dat ek soos ʼn leeu baklei.’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.