Uitdrukking: Die beste touleier sit op die voorbok

Argieffoto (Foto; funnytools/Pixabay)

Uitdrukking:
Die beste touleier sit op die voorbok

Betekenis:
Dis maklik om ander te kritiseer as jy nie die werk hoef te doen nie.

Waar kom dit vandaan?
Die voorbok is die sitplek van die koetsier op ʼn rytuig of die sitbankie dwars voor op die wa. Hy is dus ver van die touleier af en kan maklik aanmerkings oor sy werk maak.

*touleier
(histories) iemand, gewoonlik ‘n seun, wat voor ‘n span osse loop en hulle lei met ‘n tou wat aan die voorstes se koppe vasgemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Attie. ·

Ons het sulke mooi idiome in Afrikaans en dit is wat die Afrikaanse taal so sag en ryp maak. Nog ‘n uitdrukking met dieselfde betekenis is, die beste stuurman staan aan wal…en dan is daar so baie wat nie meer goeie Afrikaans wil praat nie. ‘n Mens kan ‘n taal leer praat maar sy idiome bly ‘n skatkis waarby jy nie maklik uitkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.