Uitdrukking: Die bestekamer besoek

Uitdrukking:
Die bestekamer besoek

Betekenis:
Die toilet besoek

Waar kom dit vandaan?
In beleefde geselskap is daar vroeër nie gepraat van ‘n toilet of ‘n latrine nie: verskeie eufemismes is gebruik. Die bestekamer is/word ook die gemak, sekreet, gerief genoem, en in die 17de eeu in Nederlands selfs die kasteel van Portugal. Dit was veronderstel om ‘n geheime plek te wees, vandaar die naam sekreet wat verwant is aan die Engels secret.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.