Uitdrukking: Die hele boksendais

Argieffoto (Foto: Benjamin Sz-J./Pixabay)

Uitdrukking:
Die hele boksendais/boksemdais

Betekenis:
Alles; die hele spul

Waar kom dit vandaan?
Dié uitdrukking kom uit die Engelse “box and dice” – ’n australisme wat so goed as onbekend in Engeland en Amerika is. Die “box and dice” verwys na die houertjie en dobbelstene waarmee straatspeletjies dikwels gespeel word. Jy het niks anders nodig as jou “box and dice” nie.

Bronne: Algemene Woordeboek van Eietydse Afrikaans (AWEA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.