Uitdrukking: Die knoop deurhak

Grafika: swadeology.com

Grafika: swadeology.com

Uitdrukking:
Die knoop deurhak; die Gordiaanse knoop deurkap

Betekenis:
‘n Moeilike saak oplos of afhandel

Waar kom dit vandaan?
Dit verwys na ‘n gebeurtenis meer as 2 000 jaar gelede waarby Aleksander die Grote betrokke was. Toe hy Klein-Asië ingeval het, het hy op ‘n wa afgekom wat Gordius, die koning van Frigië, aan Jupiter opgedra het.

Die disselboom van die wa het Gordius aan ‘n paal vasgemaak – met so ‘n ingewikkelde knoop dat niemand dit kon loskry nie. Toe Aleksander hoor dat die persoon wat die knoop kan losmaak oor die hele ryk van Asië sou regeer, wou hy sy leër inspireer en sy vyande oortuig dat hy gebore is om te oorwin.

Hy het geen tyd gemors om die knoop los te wikkel nie, maar dit eenvoudig met een hou van sy swaard deurgesny.

Dit bly deur die eeue ‘n voorbeeld van kragdadige optrede en die gebruik van onortodokse metodes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.