Uitdrukking: die kokkewiet het gebyt

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Uitdrukking:
die kokkewiet het gebyt/gesny

Betekenis:
Gesê as iemand se voet van onder gebars of gesny is, veral onder die tone.
Have a cut or a crack in the skin under one’s foot. Have athlete’s foot.

Waar kom dit vandaan?
Gesê na aanleiding van ’n versinsel van die ouer geslag dat ’n sandbewoner soos ’n mierleeu kinders se tone sal afsny as hulle kaalvoet loop. Dit is ook vroeër (deur hipersensitiewe, ouer taalgebruikers) gebruik as ‘n versagting vir voetskimmel (atleetvoet).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SARIE VAN HEERDENs ·

Maroela, al lewer ons meestal nie kommentaar oor hierdie tipe van beriggewing deur julle nie is dit nie te se dat ons dit nie lees en leersaam vind nie. Hou tog asseblief so aan.

Hannah ·

Stem saam met Sarie – asseblief Maroela hou vol hiermee… ons leer algaande! Baie dankie!

Bloubal ·

Janee. My vrou reken ook vanoggend vir my kokkewiet het haar gebyt. Toe skiet ek die flippen voel dood! Nou se julle vir my dit beteken iets anders. Te laat Maroela te laat!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.