Uitdrukking: Die leeueaandeel neem

Uitdrukking:
Die leeueaandeel neem.

Betekenis:
Die beste/grootste/toonaangewendste deel neem.

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking is ontleen van die fabel van Esopus, waarin ʼn wolf, ʼn jakkals en ʼn rooijakkals saam met ʼn leeu gaan jag en ooreenkom dat elkeen ʼn gelyke deel van die buit sal ontvang. Uiteindelik vang leeu die takbok. Toe moet daar besluit word hoe die buit verdeel gaan word. Leeu laat hulle toe die bok in vier deel. Uit hoofde van sy status as Koning van die diere neem hy toe ʼn kwart vir homself, nog ʼn kwart as beloning vir sy dapperheid, nog een vir sy vrou en kinders. Toe sê hy: “ As daar iemand is wat met my wil baklei vir die laaste kwart, laat hom dan kom”. Natuurlik het die ander nie daarvoor kans gesien nie en op dié manier het leeu die hele bok vir homself gehou. Die jakkals, met sy stert tussen sy bene, sê toe: “Ja-nee, ʼn mens kan vir die vernames werk, maar nie deel in die beloning nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.