Uitdrukking:
Die meetsnoere het vir iemand op lieflike plekke geval
Betekenis:
Wat iemand gekry of bereik het, is goed of mooi
Waar kom dit vandaan?
Dié uitdrukking is ontleen aan Psalm 16:6 in die vroeëre Afrikaanse Bybelvertaling:
“Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.”
(1953-vertaling)
“ʼn Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.”
(1983-vertaling)
Die meetsnoer is ʼn maatlyn wat deur landmeters gebruik is om die grootte (en ligging) van ʼn stuk grond te bepaal wat iemand toekom.
Voorwaar.
Die meetsnoer hét vir ons op ‘n lieflike plek geval
EERSTEGOUD
Pietersburg
So dankbaar