Uitdrukking:
Die muggie uitsif, maar die kameel insluk
Betekenis:
ʼn Klein foutjie veroordeel, maar self ʼn groot sonde skaamteloos begaan
Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die Bybel: Matt. 23:24 “Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!”