Uitdrukking: Die oog van die meester maak die perd vet

Uitdrukking:
Die oog van die meester maak die perd vet.

Betekenis:
As die eienaar self vir sy goed sorg, gaan dit voorspoedig.

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan ʼn fabel van Esopus, maar waar ʼn hert in plaas van perd die onderwerp is: Toe honde die hert gejaag het, het hy hom in die stal versteek waar klomp osse was. Die osse wou by hom weet hoekom hy in die stal van sy vyand, die boer wegkruip- as hy gesien word, is hy sweerlik dood. Die hert het gesê: “Laat my asseblief hier bly en moenie my verkla nie, dan sal ek julle vertel waar die sappigste weiveld is.” Teen skemer het die herder die osse kom voer, maar hy het nie die hert gesien nie. Dié het toe rustig van die voer van die osse geëet. Toe hy die osse hartlik bedank, sê een: “Die gevaar is nog nie oor nie, want as die boer hier kom, sal hy jou beslis ontdek en laat doodmaak.” Die boer het gekom en het dadelik gesien dat daar nie genoeg voer vir die osse was nie. Hy gaan kyk toe in die voerbakke en sien die horings van die hert daaragter uitsteek. Daarop het hy die arbeiders laat kom sodat hulle die hert kon vang en doodmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.