Uitdrukking:
Die oogappel
Betekenis:
Die liefling
Waar kom dit vandaan?
In die Bybel, byvoorbeeld in Duet. 32:10 en Sag 2:8 word die oogappel beskou as die dierbaarste liggaamsdeel van die mens, miskien omdat dit die sig van die mens verteenwoordig.
Maar hoekom juis die appel? Die ronde vorm daarvan het waarskynlik aan ʼn appel herinner. In Fries het appel ook “pupil” beteken. In Middelnederlands was die oogappel ook die ogensterne, die ster van die oog.