Uitdrukking: Die oogappel

Argieffoto (Foto: cocoparisienne, Pixabay)

Uitdrukking:
Die oogappel

Betekenis:
Die liefling

Waar kom dit vandaan?
In die Bybel, byvoorbeeld in Deut. 32:10 en Sag. 2:8 word die oogappel beskou as die dierbaarste liggaamsdeel van die mens, miskien omdat dit die sig van die mens verteenwoordig. Maar hoekom juis die appel? Die ronde vorm daarvan het waarskynlik aan ʼn appel herinner. In Fries het appel ook “pupil” beteken. In Middelnederlands was die oogappel ook ogensterne, die ster van die oog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.