Uitdrukking: die pyp rook

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Uitdrukking:
die pyp rook

Betekenis:
met iets slaag; wen

Waar kom dit vandaan?
Die spreekwoord hang saam met iemand se twak is nat. So iemand kan nie die pyp rook nie, dus nie slaag in sy doel nie, maar as jou twak nie nat is nie, kan jy die pyp rook – dit wil sê, slaag met iets.

OOK:

Uitdrukking:
iemand se twak is nat

Betekenis:
iemand kan nie sy doel bereik nie

Waar kom dit vandaan?
Nat twak kan nie brand nie en is nutteloos vir die roker

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Uiltjie ·

Hy kan nie die pyp took nie – dis gestop met dagga! Ga!ga!ga!

Tj ·

Die i dioom van nattwak het ek ongeveer 60 jaat gelede vir die eerste gehoor toe die onderwyser aan jong skoolseun tussen n groep wat gesels het jy praat nou nattwak wat beteken jy praat nonsens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.