Uitdrukking: Die regte voet voorsit

Argieffoto (Foto: Wilfried Pohnke/Pixabay)

Uitdrukking:
Die regte/beste voet voorsit

Betekenis:
Jou gedra; probeer om ’n indruk te maak

Waar kom dit vandaan?
Die regte voet is die regtervoet. Volgens baie ou bygelowe wat deur talle mense van talle volke geglo is, moes enige reis of nuwe onderneming begin word met die regtervoet (dit wil sê “die beste voet vorentoe“). Daar is geglo dat die linkervoet net ongeluk sou bring.

As ʼn Romein een oggend per ongeluk sy linkersandaal eerste aangetrek het, sou hy dalk nie die dag oorleef nie.

Keiser Augustus het glo gesê dat sy soldate gemuit het omdat hy daardie dag sy linkersandaal eerste aangetrek het.

Die regtervoet moes ook eerste gebruik word wanneer iemand ʼn huis of ʼn kerk binnegaan. In Engeland is daar nog so ʼn bygeloof onder sommige bruide dat hulle met die regtervoet eerste die kerk moet binnestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Jurgens

Ek neem aan dit verduidelik ook met die verkeerde voet uit die bed klim.