Betekenis:
Weghardloop
Waar kom dit vandaan?
Volgens ouer bronne (in Nederlands die rieme binnehaal – wat waarskynlik verwys na roeispane wat in ‘n boot aan die einde van ‘n vaart neergelê word) beteken dit ‘n saak of werk opgee, ook sterwe.
Die betekenis “weghardloop” het in Afrikaans ontwikkel, en verwys moontlik na iemand wat in ‘n tuig was en dan losgelaat is. (Dit na aanleiding van die tuig neerlê, “ophou werk, los wees”.)