Uitdrukking: Die sieke dra die gesonde

Jaco Strauss se Jakkals en Wolf-kuns vir die reeks wat deur Lapa Uitgewers uitgegee is (Foto: strauss-art.com)

Uitdrukking:
Die sieke dra die gesonde

Betekenis:
Die minderbevoorregte help die bevoorregte

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan ʼn dierefabel van Jakkals en Wolf.

Dié twee sluip ʼn skaapkraal binne deur die skuiwergat en begin skape vreet. Jakkals gaan kyk kort-kort of hy nog dun genoeg is om uit te kom. Toe dit knap gaan, beur hy deur en skree: “Boer! Boer! Wolf is in jou kraal!” en hy hardloop weg.

Wolf is te dikgevreet en die boer se honde byt hom amper dood.

Toe hy uiteindelik bykom, struikel hy aan huis toe en kry vir Jakkals wat maak of hy siek is van die slae wat Boer hom sou gegee het. Op sy gesmeek willig Wolf uiteindelik in om Jakkals te dra, al is hy self so ellendig.

Jakkals sing saggies: “Die sieke dra die gesonde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marius ·

‘n Ou ou storie wat ek as kind geluister op kassette van Oom Dana se stories van Jakkals en Wolf. Dink ek nou lekker veeeer terug!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.