Uitdrukking:
Die spit afbyt
Betekenis:
Die moeilikste of gevaarlikste werk verrig
Waar kom dit vandaan?
Om die spit af te byt, is om die gevaarlikste of moeilikste werk te verrig. Die herkoms word (opsommend) so in die Woordenboek der Nerderlandsche taal aangedui: Die uitdrukking verwys na ‘n vyand wat aangestorm kom met spiese of gevelde bajonette, wat as spitte bekend gestaan het.
Die eerste linie verdedigers het die aanval die hoof gebied deur dapper toe te laat dat die eerste steke van die vyandelike wapens hulle eie liggame binnedring. Die spitte is op dié manier buite aksie gestel en die tweede linie het tyd gekry om self aan te val. Dit was natuurlik die gevaarlikste optrede in ‘n geveg.
ook dit het ons hier in holland hulle se : De Spits Afbijten – dis die een wat moet begin