Uitdrukking: Die spoor byster raak/wees

Argieffoto (Foto: Pixabay)

“Byster” word in figuurlike sin met die selfstandige naamwoord spoor en die werkwoord raak gebruik wanneer iemand op die verkeerde spoor (dwaalspoor) beland of verdwaal het: Hy het in die debat die spoor byster geraak. ʼn Voertuig loop of ry van die pad [NIE: raak die spoor byster].

Die bywoord byster kan ook “baie” of “danig” beteken: Iets is nie byster goed nie.

Bijster in Nederlands is onder meer ook ʼn bywoord van graad “baie, veel”; dus: “nie te veel, te goed nie”.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
*Prys onderworpe aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.