Uitdrukking: Die wind waai van die garsland af

Uitdrukking:
Die wind waai van die garsland af

Betekenis:
Dis ‘n koue wind wat waai

Waar kom dit vandaan?
Dié uitdrukking het waarskynlik in Afrikaans ontstaan. Een moontlike verklaring is dat garsland ‘n pleknaam is: daar is ‘n plaas Garstland wat “agter die sneeuberge” lê. Die sneeberge strek oos, noord en wes van Graaff-Reinet en het sy naam daaraan te danke dat die sneeu dikwels tot in November daarop lê. Enige wind wat dan vanuit daardie rigting kom, sal snydend koud wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.