Uitdrukking:
Dik wees vir iemand
Betekenis:
Kwaad wees vir iemand
Waar kom dit vandaan?
Oorspronklik eintlik opgeswel wees van woede, maar later dik geëet, vol; vergelyk ek is dik vir ek is versadig. Die hand word dikwels ook op die keel gesit om aan te dui dat jy tot daar vol is van die persoon wat jou kwaad maak.