Uitdrukking: Dis botter tot die boom

(Foto: Stormy All/Unsplash)

Uitdrukking:
Dis botter tot die boom

Betekenis:
Gesê van twee persone wat dik bevriend is

Waar kom dit vandaan?
Oorspronklik is dit gesê van huwelike waarin die bruidspaar duidelik tot oor hulle ore verlief was. Die vergelyking is moontlik dat die vriendskap soos daardie liefde is; ʼn liefde so suiwer soos botter in ʼn vat wat nie net bolangs nie, maar tot op die bodem onvervalste, puik botter is.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wielspore ·

Ek het as kind ‘n tradisionele botter en kaasfabriek in Tweespruit besoek. Hier het hulle werklik vatte gebruik om die botter in te sit gedurende die vervaardigings proses. Afrikaans is ‘n mooi taal en ek dink ons kan gesprekke en kommunikasie meer interresant maak deur uitdrukking te gebruik.
Ek is ‘n oud Blikoor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.