Uitdrukking: Dis die laaste sien van die blikkantien

Uitdrukking:
Dis die laaste sien van die blikkantien.

Betekenis:
Iets/iemand het spoorloos verdwyn.

Waar kom dit vandaan?

‘n Blikkantien is ‘n kannetjie van blik, volgens die Woordeboek van die Afrikaanse taal. Daar is geen duidelikheid waarom dit juis in die spreekwoord sou beland nie; die beste verklaring is dat dit bloot as rymwoord bedoel was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter ·

Ek sou raai dat hierdie uitdrukking ontstaan het tydens die oorlogs jare.

Die woorde kom van die engelse “mess tin” wat ook bekend staan as “dixies”. En ja…. sommige troepe was uiters agterlosig of te lui om dit saam te dra tydens patrollies, en het dan sommer baie maklik iemand anders s’n ge-gaps.

A.Willemse ·

‘n Blikemmertjie wat bestaan uit ‘n gellingblik met ‘n draadhandvatsel, ook genoem ‘n ghoghok.Voor die tyd van plastieksakke gebruik as houer vir weggee geskenkies soos ‘n karmenaatjie of vrugte of groente uit die tuin. As dit dan nie terugkom nie is dit die laaste sien.

Dreas du Plessis ·

Ek onthou dat my ouers van ‘n kroeg as ‘n kantien gepraat het en weet ook dat die waterbottel wat destyds deur infanteriesoldate gebruik was, van tin allooi gemaak was. Troepe het soms na hierdie waterbottels verwys as blikkantiene aangesien hul dikwels ‘n bietjie versterkwater saamgeneem het op mars, maar ander het gou bewus geraak van die gebruik en mekaar se voggies gesteel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.