Uitdrukking: Dis klaar met Kees

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Uitdrukking:
Dis klaar met Kees

Betekenis:
Dis alles verby. Daar is niks meer aan te doen nie.

Waar kom dit vandaan?
Die aanneemlikste verklaring in Malherbe is dat dit ‘n persoon in ‘n ou rympie oor Kees Malbaar is en uit die Afrikaans van die laat 19de eeu kom:

Faarwel, faarwel, vriendinnetjie,
Di afskijd neem ons nou.
Of gaan mar liwer tog mar mé
Dan kan ons net nou trou.

Dog as jij peuter, dan faarwel!
Faarwel fer seuwe jaar.
Dan sal dit fer ons altwé kwel,
Net soos ver Kees Malbaar.

Dat ons mekaar al twé bemin,
Dit weet ek allermees;
Mar nou wil jij net hê jou sin:
Faarwel, dis klaar met Kees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rudi Havenga ·

Ek stem nie heeltemal saam hiermee nie. In Nederlands gebruik hulle ook die term “klaar is Kees”. Die oorsprong is dus waarskynlik nie Afrikaans nie.

Jakobus ·

Dit lyk my die Nederlandse uitdrukkig mag ‘n paar honderd jaar oud wees.

Kees ·

Moet asb. tog nie dit in die politiek gebruik want rassisme loer vir jou en dan is dit met jou soos klaar met kees.

Jan ·

Kees, in die finansieële wêreld mag mens na ‘n munststuk kyk, weeskante van die sjiellings en penny’s, jy mag hier net nie die name van die diere wat daarop voorkom hardop sê nie. Ons woon hier in die natuur, dit wat vir ons dierbaar is en natuurlik is, word hier ‘n stiegma wat kleef aan gesit, ons word hier geleer wat dit is om dinge aan die grootklok te hang, die b… agter die bult te gaan haal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.