Uitdrukking:
Dis maklik gesê, maar die eend lê die eier
Betekenis:
Dis maklik om te praat, maar doen is die probleem
(ENG: Talk is cheap, but money buys the whisky)
Waar kom dit vandaan?
Die oorspronklike Nederlands (in vertaling) was die woorde (belofte) is goed, maar die eend lê die eier. Die Nederlandse woorden was ‘n woordspeling op woerden, ‘n mannetjieseend wat natuurlik nie eiers kan lê nie. In Afrikaans het die woordspeling verlore gegaan omdat die woord woerd vir ons onbekend was.