Uitdrukking: Dis maklik gesê, maar die eend lê die eier

Uitdrukking:
Dis maklik gesê, maar die eend lê die eier

Betekenis:
Dis maklik om te praat, maar doen is die probleem.

Waar kom dit vandaan?
Die oorspronklike Nederlands (in vertaling) was die woorde (belofte) is goed, maar die eend lê die eier. Die Nederlandse woorden was woordspeling op woerden, ‘n mannetjieseend wat natuurlik nie eiers kan lê nie. In Afrikaans het die woordspeling verlore gegaan omdat die woord woerd vir ons onbekend was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.