Uitdrukking: Dis ‘n storm in ‘n koppie (koffie)

Argieffoto (Foto: David Mark/Pixabay)

Daar is talle uitdrukkings, vergelykings en spreekwoorde in Afrikaans waar “koffie” die onderwerp is. Kan jy aan  nog ‘n paar dink?

Die pen is op die koffie.
-Die pen is stukkend.

Dis koffie sonder ketel.
-Dis sterk drank.

Hy kom altyd op die koffie daar.
-Hy kom ongenooid op etenstyd daar aan.

Iets is daar nie suiwer koffie nie.
-Daar is moeilikheid. Iets is verkeerd.

Nee wat, jou koffie is vol vlieë.
-Jy misgis jou.

Ek is op die koffie met my werk.
-My werk het agter geraak.

Haar ma se koffie smaak nie meer lekker nie.
-Gesê as ‘n kêrel nie meer by die meisie wil kuier nie.

Koffie wil hy hê, of die boer bly lê.
-Boere is baie lief vir koffie.

Hy jaag sy koffie deur die vlei (op die vlakte).
-Hy gooi dit in die piering om koud te word voor hy dit drink.

Daar is moer in die koffie.
-Die saak sal nie sonder moeilikheid eindig nie.

Ons drink die koffie soos die kan dit skink.
-Ons aanvaar dinge soos wat ons dit ontvang.

Gee ‘n boer koffie, dan loop hy.
-Wanneer dit koffie- of etenstyd is, is die boer altyd weg.

Hy koffie maar aan.
-Hy sukkel aan.

Sy geheue is op die koffie.
-Hy onthou nie goed nie.

Hy drink die koffie van sy mamma af.
-Hy drink dit swart en bitter.

Dis koffie en melk.
-Dis gemengde bloed.

Jy is sommer op die koffie.
-Jy praat onsin.

Hy drink sy koffie soos oom Paul.
-Hy gooi die koffie in die piering om af te koel.

Sy koffie is vroeg reeds omgeroer.
-Daar is lank gelede vir hom geldelik voorsien.

Hy sal nog sy koffie kry.
-Daar sal nog met hom afgereken word.

Hy het êrens ‘n trekseltjie koffie gaan vra.
-Hy gaan kuier iewers by ‘n nooi.

Jy kan die koffie met ‘n mes sny.
-Die koffie is baie sterk.

Die koffie ruk jou agteroor.
-Dis baie sterk.

Wat van ‘n klein tandjie koffie?
-Kan ek vir jou ‘n bietjie koffie aanbied?

Sy kan darem al koffie skink.
-Sy is al groot genoeg om te trou.

Die koffie is moeg.
-Dis flou koffie.

Haar koffie vlek die koppie.
-Sy maak baie sterk koffie.

Hulle is lief vir koffie drink.
-Hulle skinder graag.

By haar is sy koffie bitter.
-Sy hou nie van hom nie.

Hy moet swart koffie drink om ‘n skaduwee te maak.
-Hy is baie maer.

Hy drink swart koffie, sonder suiker.
-Hy is erg swartgallig.

Hy lieg die melk uit jou koffie uit.
-Hy vertel geweldige leuens.

Hy is so skelm dat hy die melk uit jou koffie sal steel.
-Hy is uiters geslepe.

Wanneer kry ons dan soet koffie?
-Wanneer trou julle?

Jou koffie stort nou-nou.
-Jou probleme is naby.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.