Uitdrukking:
Dit is nie waffers nie
Betekenis:
Dit is niks besonders nie
Waar kom dit vandaan?
Waffer het ontstaan uit wat vir in ‘n sin soos wat vir ‘n man is hy? (Watter soort man is hy?) Die -s is gebruik om die byvoeglike naamwoord te vorm. Dit is nie duidelik hoekom dit later die betekenisse “besonder, goed, mooi” verkry het nie; miskien was die implikasie dat dit nie eers die moeite werd was om te vra: Waffer soort man is hy? nie; of dat die antwoord logies daaroop kon volg: Nie te waffer(s) nie.